Legally Armed: Vuurwapenlisensies
Die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet 60 van 2000, het uiteenlopende reaksies van belanghebbendes
ontlok. Groepe ten gunste van 'n vuurwapenvrye Suid-Afrika juig daaroor terwyl jagters, boere, versamelaars
en die publiek wat hul lewens en besittings moet beskerm, die proklamasie daarvan ervaar as 'n poging om
wettige vuurwapeneienaars te ontwapen. Die feit bly staan, die wet is hier om te bly. Op hierdie webblad gaan ons besoekers op hoogte hou van nuwe ontwikkelings, uitgewysde sake, algemene vordering met die verwerking van aansoeke en, die belangrikste van alles, wat Legally Armed kan doen om die wet meer gebruikersvriendelik te maak vir die man op straat.
Die dringendste vereiste van die wet waaraan vuurwapeneienaars op hierdie stadium moet voldoen, is die aansoeke om hernuwing van lisensies wat volgens verjaardagdatums gedoen moet word.
Die Oorgangsbepalings van die Wet het hierdie jaar verstryk en die groepe vuurwapeneienaars wat in die tydperk aansoek gedoen het om die hernuwing van hulle lisensies en bevoegdheidsertifikate is verplig om die proses weer van vooraf te begin en wel volgens hulle verjaardae. Ons is onseker of die Polisie se administratiewe masjien in plek is vir die volgende rondte hernuwings aangesien daar verwarring is oor watter vorms gebruik moet word. Die Wet stipuleer dat alle aansoeke in die toekoms 90 dae voor die datum van verstryking van so `n lisensie, permit of sertifkaat ingedien moet word! Ons sal u in die toekoms op hoogte hou met enige verdere wysigings en voorskrifte.
9 September 2010, sien the nuuste hernuwing instruksies in “Nuwe Verwikkelinge”!
Sekuriteitsondernemings moes egter steeds aansoek doen om hernuwing van hul vuurwapenlisensies. Alle sekuriteitsbeamptes in diens van hierdie ondernemings moet ook bevoegdheidsertifikate van die SAPD bekom voordat vuurwapens aan hulle uitgereik mag word.
