BOEDELWAPENS
U WEET SEKER wat die gevolge is indien u nie die kennis het om hierdie gespesialiseerde veld in die SA. Wetgewing te hanteer nie?As geregsbode, balju, eksekuteur, administrateur, trustee, kurator of likwidateur van die boedel van ’n persoon wat ’n vuurwapen besit moet u stappe doen om seker te maak dat die vuurwapen en ammunisie veilig bewaar is en die vuurwapens en ammunisie in ’n bewaringsfasiliteit gehou word soos voorgeskryf in regulasie 86 van die Vuurwapenwet.
Legally Armed SA is `n afdeling van die Legally Armed besigheidsgroep wat ontstaan het uit navorsing wat die onrusbarende feit ontbloot het dat daar steeds vandag nog duisende boedelwapens geregistreer is op die oorledene se naam op die data stelsel wat bygehou word deur die Registrateur van Vuurwapens by die Sentrale Vuurwapen Register, desondanks die feit dat die boedellêer reeds afgehandel is!
Legally Armed het in die laaste vyf jaar talle navrae hanteer vanaf boedellêer hanteerders wat onseker is wat die Registrateur sal doen indien hulle, selfs na vyf jaar nog, polisievorms onderteken (weer) om die naasbestaande of aansoeker in staat te stel om die nodige voorskriftelike stappe te doen om die boedelwapen/s van die oorledene se “naam af te haal”.
Die maklikste en vinnigste uitweg vir die eksekuteur of hanteerder van so `n boedel is om die naasbestaande te adviseur dat die vuurwapen ingehandig word by `n polisiestasie vir vernietiging, ongeag die waarde daarvan en nalatenskap vir die erfgename. Op hierdie wyse word die lêer vinnig afgehandel tot satisfaksie van die hanteerder en Meester van die Hooggeregshof!
`n Groter kopseer is wanneer die eksekuteur of hanteerder van so boedel alles in sy/haar vermoë doen en die nodige vorms onderteken vir oordrag, vernietiging, deaktivering en berging van die wapens, net om later uit te vind dat die naasbestaande / aansoeker die proses misbruik het en steeds met die wapens in sy/haar kluis sit want die Vuurwapenwet reguleer nie die naasbestaande nie, maar wel die eksekuteur of hanteerder van die boedel!
Die kruks van die storie was om `n voorskriftelike vloeidiagram te ontwikkel ten einde die proses te verkort, dog binne die Wet, en die verwiisseling van eienaarskap van hierdie belangrike bate te bewerkstellig. Dit het ons suksesvol reggekry.
Ons het dan ook reeds dienslewering ooreenkomste met korporatiewe kliënte onderteken asook met `n geakkrediteerde Karweier van vuurwapens.
Ons is trots om hierdie diens aan u beskikbaar te stel wat aan al die wetlike vereistes voldoen!
Beskikking van vuurwapens in insolvente of bestorwe boedel
103. (1) Voordat die Meester ’n eksekuteursbrief uitreik, mag die eksekuteur wat in die testament benoem word en in die afwesigheid van ’n benoemde eksekuteur in die testament, die erfgenaam of naasbestaandes of ’n familielid van die persoon wat gesterf het, wat die houer was van ’n lisensie, permit of magtiging kragtens die Wet, die afgestorwene se vuurwapens besit kragtens ’n permit wat uitgereik word ingevolge artikel 21 van die Wet, totdat subregulasie (2) van krag word.(2) Onderhewig aan die voorwaardes van enige ander wet, moet enige persoon wat ingevolge ’n lasbrief vir eksekusie wat uitgereik is deur ’n hof, of ’n aanstelling, eksekuteursaanstelling, brief van administrasie of brief van kuratorskap van die Hoërhof of die Meester van die Hoërhof, na gelang van die geval, optree as geregsbode, balju, eksekuteur, administrateur, trustee, kurator of likwidateur van die boedel van ’n persoon wat ’n vuurwapen besit stappe doen om seker te maak dat die vuurwapen en ammunisie veilig bewaar is en die vuurwapens en ammunisie in ’n bewaringsfasiliteit hou soos voorgeskryf in regulasie 86, met dien verstande dat waar ’n erfgenaam van ’n bestorwe boedel die houer is van ’n lisensie, magtiging of permit wat uitgereik is kragtens die Wet, sodanige erfgenaam voorsiening kan maak vir die veilige bewaring van die vuurwapen en ammunisie op voorwaarde dat –
(a) die eksekuteur nie oor die vereiste bergingsfasiliteite beskik nie;
(b) die eksekuteur ’n toestemmingsbrief aan die erfgenaam uitreik vir die veilige bewaring van die vuurwapen waarin die lisensiebesonderhede van die persoon wat gesterf het, asook die fabrikaat, tipe, kaliber van die vuurwapen en elke vervaardigersuitkenningsnommer of bykomende uitkenningsteken wat aangebring is op die vuurwapen vermeld word; en
(c) ’n afskrif van die toestemmingsbrief ingedien moet word by die Aangewese Vuurwapenbeampte van die gebied waar die erfgenaam woon.
(3) In geval van beslaglegging deur ’n geregsbod of balju of met aanstelling as eksekuteur, administrateur, trustee kurator of likwidateur van die boedel, moet die geregsbode, balju of persoon wat aangestel is –
(a) ’n inventaris opstel van -
(i) al die vuurwapens en ammunisie van die houer van ’n lisensie, magtiging of permit wat duidelik die fabrikaat, tipe, kaliber van die vuurwapen asook elke vervaardigersuitkenningsnommer of bykomende uitkenningsteken wat aangebring is op die vuurwapen, asook die hoeveelheid, kaliber en fabrikaat ammunisie; en
(ii) vuurwapenonderdele;
(b) met beslaglegging of ontvangs van die aanstellingsbrief, na gelang van die geval, binne 14 dae ’n brief, dokument of faks met die volgende besonderhede indien by die Registrateur -
(i) die naam en adres van die houer van die lisensie, magtiging of permit;
(ii) die adres waar die vuurwapens of ammunisie bewaar word;
(iii) ’n afskrif van die inventaris waarna verwys word in subparagraaf (b);
(iv) ’n afskrif van die beslagleggings lasbrief, of aanstellingsdokument en indien die houer van die lisensie, magtiging of permit gesterf het, ’n afskrif van die doodsertifikaat;
(v) die name, adresse en identiteitsnommers van alle begunstigdes indien die vuurwapens en ammunisie per testamentêre bepalings of intestate erfreg oorgedra moet word; en
(vi) dokumentêre bewys van aanstelling as eksekuteur, administrateur, trustee, kurator, of likwidateur van die betrokke boedel, na gelang van die geval.
(5) Die Registrateur moet die besonderhede in die kennisgewing waarna verwys word in subregulasie (4)(b) aanteken in die Sentrale Vuurwapenregister.
(6) Die Registrateur moet binne 30 dae na ontvangs van die kennisgewing waarna verwys word in subregulasie (4)(b) erkenning van ontvangs uitreik aan die persoon van wie dit ontvang is.
(7) Die geregsbode, balju, eksekuteur, administrateur, trustee, kurator or likwidateur van die boedel, na gelang van die geval, moet minstens elke drie maande die Registrateur skriftelik laat weet van die vordering en stappe wat gedoen is om oor sodanige vuurwapens en ammunisie oor te dra, met besonderhede van die persoon aan wie die vuurwapen of ammunisie oorgedra is.
(8) Die Registrateur kan te eniger tyd per skriftelike kennisgewing opdrag gee dat die geregsbode, balju, eksekuteur, administrateur, trustee, kurator of likwidateur van die boedel binne die tydperk wat genoem word in die kennisgewing laat weet watter vordering gemaak is en stappe wat gedoen word ten opsigte van die oordrag.
(9) Die eksekuteur, administrateur, trustee, kurator of likwidateur van die boedel kan net aansoek doen by die Meester van die Hoërhof om die boedel af te handel nadat kennis ontvang is van die Registrateur om te bevestig dat alle betrokke vuurwapens oorgedra is kragtens die Wet.
(10) ’n Geregsbode of balju kan nie ’n vuurwapen wat per eksekusie verkoop is of andersins oorgedra moet word kragtens die betrokke lasbrief tot eksekusie aan enige persoon oorhandig nie, tensy die persoon ’n lisensie, magtiging of permit het om daardie vuurwapen te besit.
KENNISGEWING
Indien u reeds as Boedelhanteerder `n ooreenkoms het met SA Airgun Publications handelend as Legally Armed Logistics, wat nou “verkoop” is aan National Firearm Logistics of u onderhandel tans met laasgenoemde entiteit, wil ons graag die volgende inligting aan u bekend maak. Ons weet nie of die party / partye u enige agtergrond oor hulself aan u verskaf het nie.
Die doel van die inligtingstuk is om u bewus te maak van die oorsprong van hoe bostaande besigheidsidee ontstaan het om hierdie unieke diens te kan lewer asook om ons te distansieër van enige huidige en toekomstige regstappe wat sou volg teen enige van die bogenoemde instansies.
Ons het ons koppe in `n bynes gesteek deur iemand anders te ondersteun en by te staan wat ons idee verder geneem het, maar later roekeloos bestuur het, soveel so dat ons as oorspronklike eienaars van Legally Armed (waarvan ek eienaar en prokureur is, Jurg Kruger my konsultant) (“LA”) en later Legally Armed SA BK (myself, Hendrik Swanepoel en Jurg Kruger as konsultant) (“LA SA”), genoodsaak was om gedurende 2010 in te tree ten einde “gesig te behou” by twee groot korporatiewe banke wat swak diens ontvang het van Legally Armed Logistics.
`n Aantal ander korporatiewe boedelhanteerders het dan ook die laaste 3 jaar van Legally Armed Logistics se uitgebreide dienste gebruik gemaak.
Ons wil graag `n moontlike misverstand uit die weg ruim sodat u uself kan vergewis van die konnotasie tussen Josi Loss Adjusters BK handelend as Legally Armed (“ons”), Legally Armed SA BK (“ons”) met / en SA Airgun Publications handelend as Legally Armed Logistics / nou handelend as "National Firearm Logistics".
Ons het as Josi Loss Adjusters BK handelend as Legally Armed, 2003/070861/23, begin handel dryf in Augustus 2005, met die doel om `n eenstop- gebruikersvriendelike administratiewe diens te verskaf aan die publiek en entiteite wat geraak word deur die voorskrifte van die nuwe Vuurwapenwet. Ons doen dit steeds met die hulp van altesaam 12 takke landwyd.
Martin Lotz het ons Wes-Randse (Kemptonpark) Legally Armed Franchise gekoop ongeveer vier jaar gelede. Hy en sy vrou, Sandra, het daarna die hele Gauteng bedryf en Martin het in die loop van die besigheid gehoor dat ek en Jurg se idee was om die diens uit te brei soos wat ons dit nou ken met die boedelafdeling. Ek en Jurg het destyds reeds bogenoemde korporatiewe kliënte genader voordat Martin in die prentjie gekom het!
Martin het die besigheidsgeleentheid raakgesien en die proses gestruktureer met ons raad en aanbeveling, maar met ons (Legally Armed) eie voorbehoude. Met ons ondersteuning ongeveer drie jaar gelede, het Martin voorleggings gedoen aan verskillende korporatiewe boedelhanteerders waarna daar skriftelike en mondelingse diensleweringsooreenkomste bereik is tussen hulle en SA Airgun Publications handelend as Legally Armed Logistics met Martin Lotz en `n Blane-persoon, as lede van hierdie Beslote Korporasie.
Ons het later agtergekom dat “Legally Armed Logistics” deur Martin-hulle as handelsnaam gebruik is, ook met ons Legally Armed logo, maar het Martin en sy span vertrou om `n goeie diens te lewer.
Ons moes self uitvind dat die bedryf te vinnig gegroei het vir Legally Armed Logistics met talle bestuursprobleme wat nie betyds opgelos is nie. Krisisbestuur was daarna aan die orde van die dag. Dit kon ons aflei na aanleiding van talle klagtes aan ons gerig deur veral bostaande twee korporatiewe kliënte en ons ander Legally Armed-konsessiehouers oor die land heen, omdat ons voorbehoude nie geëer was nie.
Ons moes vure doodslaan en het verplig gevoel om dit te doen omdat ons naam en eer op die spel was!
Martin-hulle het alle administrasie, vervoer en berging van boedelwapens van `n sentrale punt hanteer en wel te Kemptonpark wat die uitvoering van take benadeel het en ook antagonisme geskep het by langslewendes landswyd byvoorbeeld omdat `n Upingtonse boedelwapen in Kemptonpark geberg word wat ongerief en koste vir die erfgenaam in Upington vergroot het.
Ons is vandag dankbaar dat ons werk gemaak het daarvan om hierdie groeiende swak dienslewering te stuit. Ons is nou ‘n nog sterker span met veral die hulp van ons konsessiehouers, waarop ons trots is!
Ons het soveel vertroue in die handelsnaam Legally Armed, dat ons 3 jaar gelede `n dormante Beslote Korporasie geregistreer het, te wete Legally Armed SA BK, 2007/148742/23, om die handelsnaam te vestig en te behou.
LA SA het toe van vooraf met die twee genoemde “korporatiewe klaers” onderhandel en kan met trots nou met hulle as kliënte die pad stap. Ons het geskrewe dienslewering ooreenkomste. Albei banke was baie skepties aan die begin van ons onderhandelinge, want hulle was toe reeds “gebyt” deur swak dienslewering.
Legally Armed Logistics (Lotz en `n Blane-vennoot) as geakkrediteerde handelaar (Norkem Arms) en Karweier, het gedurende die onderhandelingsfase besluit om nie saam met ons as nuwe gedesentraliseerde span (Legally Armed SA BK, “LA SA”) voorleggings aan bostaande kliënte te doen nie, uiteraard omdat hulle reeds bestaande nie-eksklusiewe ooreenkomste gehad met die einste twee kliënte, hulle probeer behou het en nie die appel wou deel met iemand anders nie.
Dus het hulle, Legally Armed Logistics, ons voorleggings aan die twee korporatiewe banke, eerder geopponeer. Ons moes daarom dringend `n nuwe handelaar identifiseer in Gauteng, wat ons met vrug gedoen het en wel met Centurion Indoor Shooting in Jeanlaan, Centurion.
Met telefoniese konferensies en voorleggings aan een van die twee genoemde banke het Lotz geskitter in sy afwesigheid en was die die bank tevrede met LA SA se voorlegging en ons voorstel om, onder meer, eerder die dienste te desentraliseer na elke provinsie in die land deur die berging en opneem as voorraad van die boedelvuurwapens by verskillende gekose geakkrediteerde handelaars en so die administratiewe las te verlig en antagonisme van erfgename te minimaliseer.
Elke instruksie word egter steeds na ons hoofkantoor in Bloemfontein gestuur en van daar af geadministreer en geprosesseer deur Hendrik Swanepoel. Al ons Legally Armed konsessiehouers landwyd kan dan ook die belanghebbende help met sy / haar besluit oor wat met die bate/s, wetlik, moet gebeur na die tyd.
Nadat die nuwe ooreenkomste tussen ons en die twee genoemde banke gesluit is en SA Airgun Publications handelend as Legally Armed Logistics daarvan te hore gekom het, het Lotz besluit om sy aandeel te verkoop, Legally Armed Logistics so dormant te laat, en wel verkoop aan `n nuwe nog te stigte Beslote Korporasie bekend as National Firearm Logistics, “NFL” (waarvan Blane en nou `n Jacques-persoon lede is). Blane het reeds alles oorgeneem en Jacques doen al die bemarking. Wendy, Legally Armed Logistics se Administrateur, is afgedank.
Daar is egter chaos met die huidige boedelwapens wat gestoor word by Norkem Arms in Kemptonpark en ons vermoed Martin en Blane - Legally Armed Logistics, probeer ontslae raak van hul verpligtinge teenoor die huidige rolspelers met wie daar tans of voorheen diensooreenkomste gesluit is as Legally Armed Logistics, waaronder altwee van ons eie LA SA se nuwe kliënte.
Na regte moet die korporatiewe boedelinstellings met wie Legally Armed Logistics diensleweringooreenkomste het of gehad het, kennis dra van bostaande verwikkelinge en skuiwe want beide partye, Legally Armed Logistics (Norkem Arms as geakkrediteerde Handelaar) en die Boedelhanteerder aanspreeklik bly aan voorskrifte in terme van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, 2000 (Wet nommer 60 van 2000) en soos in die Boedelwet omskryf.
Ons is genoodsaak om die rolspelers in die bedryf op hoogte te hou van gebeure, want ons is seker dat so `n oorname deur NFL nie die huidige probleme van Legally Armed Logistics gaan oplos nie, NFL erf dit eerder, wat in elk geval onbillik is!
‘n Mens kan ook nie ‘n bestaande kontrak/te tussen partye sedeer aan `n derde party sonder dat albei van die gekontrakteerde partye bewus is daarvan nie!
Hierdie nuwe entiteit, National Firearm Logistics, waarvan Martin Lotz nie meer `n lid is nie, maar sy vorige vennoot wel, het nou, sonder enige nuwe ooreenkomste met enige instansie, met Legally Armed Logistics se “halwe kalwers” begin ploeg en alle ou probleme en nuwe instruksies oorgeneem.
Wat ons eintlik versoek is dat, indien u nie tevrede is met u huidige diensverskaffer nie, het u sekerlik ‘n nie-eksklusiewe ooreenkoms met hierdie verskaffer. U kan ons gerus kontak vir enige navrae sou u belangstel om ook of eerder met ons `n diensooreekoms aan te gaan.
Opgestel te Bloemfontein op die 17de November 2010 deur Johan Martin – johanmartin@legallyarmed.co.za lasa@legallyarmed.co.za , www.legallyarmed,co.za , 0833 91 81 80, 051 430 1494/5.
