APPLICATION FOR RENEWAL OF FIREARMS LICENCE IN TERMS OF SECTION 24 OF THE
FIREARMS CONTROL ACT, 2000 ( ACT NO. 80 OF 2000) INDIVIDUALS.
Applicatiton for renewal of firearms licence (PDF)
HOFSAAK SAJWV TEEN DIE MINISTER VAN POLISIE EN DAAROPVOLGENDE ONDERHANDELINGE
Die UK is deeglik daarvan bewus dat daar ‘n groot frustrasie onder baie lede, veral die wat wag vir lisensiering van nuwe wapens en diegene wie se bevoegdheid sertifikate verval het of binnekort gaan verval, bestaan oor die afwesigheid van vordering met die SAPD
Met die aankondiging van die Taakspan gedurende Junie 2010 het die Burgerlike Sekretariaat van Polisie onder wie se leiding die Taakspan gefunksioneer het, dit gestel dat die verslag van die ondersoek op 31 Julie 2010 aan die Minister van Polisie oorhandig sal word. Na die Taakspan met hulle werk begin het was dit duidelik dat die omvang van die probleem ver groter is as wat aanvanklik verwag is en is daar bykomende take tot die Taakspan se taak gevoeg is wat veroorsaak het dat die verslag eers teen die twede helfte van September 2010 aan die Minister van Polisie oorhandig sal word.
Die afgelope paar weke het van die Vereniging se lede standpunt begin inneem dat die UK se hantering van die aangeleentheid moet verander en dat daar voortgegaan moet word met die hofsaak en die proses van onderhandelinge laat vaar moet word. Om met die hofsaak voort te gaan is nog deurentyd deel van die UK se plan sou die onderhandelinge nie ‘n positiewe uitkoms hê nie. Die problematiek met die besluit tussen die hofsaak en onderhandelinge is dat dit wat uit die onderhandelinge en daarom die Taakspan se werk kan voortvloei baie meer voordele gaan inhou as ‘n gunstige hofuitspraak. ‘n Belangrike faktor om in ag te neem is dat beide onderhandelinge en ‘n hofgeding bevat ‘n bepaalde mate van onsekere uitkoms.
Die UK is van mening dat die situasie ten opsigte van die besluit deur die Minister van Polisie oor die bevindinge van die Taakspan baie naby aan ‘n bekendmaking is en versoek dus die lede van die Vereniging om geduld te beoefen en die besluit tussen om met die hofsaak voort te gaan of te wag, steeds in die hande van die UK te laat.
Die UK het egter besluit dat sou die Minister van Polisie nie bevredigende vordering teen die begin van Oktober 2010 maak nie of dit is duidelik dat daar nie die politieke wil is om die saak reg te maak nie, SAJWV onmiddellik sy modus operandi sal verander.
Inyahtipark
17 September 2010
