Dienste verskaf aan Prokureurs
Skrywer hiervan (Martin Visser Ingelyf), het weens sy polisie agtergrond, altyd belang gestel om `n nismark te vestig as prokureur deur te spesialiseer in `n rigting waarin hy tuis voel, daarom het ons `n praktyk gevestig, sedert 2005, wat volstoom daarop uit is om die omstrede Vuurwapenwet se administrasie in geheel vir die leek daarbuite gebruikersvriendelik maak.Ons, in assosiasie met Legally Armed, waarvan skrywer hiervan ook die mede-eienaar is, het onsself onderskei as `n groepie mense wat nie terugstaan vir enige tipe aansoek, enige appèl prosedure of om `n “beweerde nalatige vuurwapeneienaar” by te staan tydens `n administratiewe verhoor wanneer die polisie poog om so `n eienaar onbevoeg te verklaar.
Die Wet op Administratiwe Geregtigheid, 2000 (Wet nommer 3 van 2000) en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet nommer 2 van 2000), reguleer enige administratiewe besluit deur die Registrateur/Staat geneem.
Ons is bewus daarvan dat die Sentrale Vuurwapen Beheer Register (“die Registrateur”) gereeld omstrede beslissings maak wat u kliënt as vuurwapeneienaar frustreer en benadeel.
Ons help ook graag vuurwapeneienaars wat ook reeds onbevoeg verklaar is, om `n appèl aansoek te bring teen die beslissing van die voorsittende polisie beampte, hetsy op die meriete of nalate in die administratiewe proses.
Ons het dan ook reeds vele kollegas gehelp met raad, met hulle eie aansoeke, deur dit namens hulle te hanteer, met goeie sukses.
Ons wil u ook graag bystaan deur u kliënt die geleentheid te gee om van ons professionele dienste gebruik te maak.
Legally Armed het reeds sowat 26000 voornemende- en vuurwapeneienaars bygestaan sedert die jaar 2005, met goeie sukses. Daar is `n kantoor naby u! Hulle doen dan ook enige tipe aansoek en staan ons by met appèl aansoeke, wat deur ons bevorder word na die Appèlraad.
Nie-litigasie fooie word gehef vir die opstel van vertoë aan die voorsittende beampte tydens artikel 102-ondersoeke in `n poging om die proses te staak of/en die bywoon van so `n administratiewe verhoor wanneer dit gaan oor die beweerde nalatigheid in die hantering van `n vuurwapeneienaar.
Indien u onseker is oor wat u te doen staan met enige aangeleentheid hierbo genoem, gee asseblief u kliënt `n beter kans op sukses deur hom te verwys na ons. U behou ook so u kliënt se lojaliteit!
Skakel gerus ons naaste kantoor vir navrae van u kant.
