To improve the appearance of this website please Click here to download Adobe Flash Player
Meer oor Legally Armed
Legally Armed is 'n onderneming wat ten doel het om 'n eenstopdiens met betrekking tot die administrasie van die Wet op die Beheer van Vuurwapens te verskaf. Ons wil dit eenvoudiger maak vir die man op straat om aan die vereistes van die wet te voldoen.

Daarom lewer ons die volgende dienste aan die publiek en ondernemings:
  • Aansoeke om nuwe wapens te lisensieer
  • Hernuwing van bestaande lisensies
  • Appèlle teen weiering van lisensies, asook hersienings waar appèlle afgewys word
  • Aansoeke om bevoegdheidsertifikaat
  • Aansoeke om akkreditasie van jagondernemings en besighede
  • Bystand tydens administratiewe verhore
  • Karwei boedelvuurwapens en ammunisie, berg, neem op Handelaarsvoorraad en lewer bewys aan Boedelhanteerders
    van die prosessering in die verwisseling van eienaarskap by die Sentrale Vuurwapen Beheer Register binne 30 besigheidsdae,
    sodat die lêer gesluit kan word.
Afgesien van hierdie dienste, adviseer ons ook ons kliënte oor die motivering vir die besit van 'n spesifieke vuurwapen, byvoorbeeld die gebruik van 'n 9 mm-pistool vir selfverdediging asook sportskiet. Ons beskik oor die dienste van 'n regsgeleerde, asook van 'n kenner op die gebied van hierdie wet, dus kan ons werklik die beste moontlike diens aan ons kliënte lewer.

Ons kan onder geen omstandighede waarborg dat u aansoek sal slaag nie, maar ons kan wel waarborg dat die aansoek wat ons vir u voorberei van hoogstaande gehalte sal wees. Dit sal netjies getik en gebind wees en behoorlik gemotiveer wees. Al wat u nodig het om te doen is om dit by u naaste polisiekantoor in te handig. Ons sal u ook voorsien van 'n lys met die volledige stappe wat u by die polisiekantoor moet volg. U sal nie 'n toue hoef te staan nie.

Hoewel ons hoofkantoor in Bloemfontein gesetel is, lewer ons 'n diens oor Suid-Afrika heen. Verder is ons besig om landswyd bedryfsregondernemings (franchises) te open. Mense wat belang stel om so 'n onderneming te open kan ons gerus kontak. Ons sal u ook op hoogte hou van takke wat in u omgewing geopen word.

Ons nooi graag eienaars van vuurwapens wat dit wil verkoop of wat 'n spesifieke handwapen, geweer of versamelaarsitem benodig om ons te kontak met besonderhede sodat ons dit op die webblad kan plaas om sodoende kopers en verkopers by mekaar uit te bring.